C.A.R.E.
Rotsgemeente se pastorale span het vanaf die vierde kwartaal 'n nuwe inisiatief geïmplimenteer, genaamd C.A.R.E. Hierdie akroniem staan vir:
- C: Contact
- A: Attention
- R: Relationship
- E: Encourage
Die visie met hierdie nuwe inisiatief is dat elke leier in Rotsgemeente vyf (5) mense sal identifiseer vir wie jy gaan C.A.R.E. - mense vir wie gaan KONTAK, vir wie jy gaan AANDAG gee, met wie jy 'n VERHOUDING gaan bou en vir wie jy gaan AANMOEDIG om sterk te staan in God en 'n positiewe uitkyk op die lewe te hê.
En as jy nie 'n leier is nie, moenie voel dat hierdie nie op jou van toepassing is nie. Elke gemeentelid kan in hul eie invloedsfeer vyf mense identifiseer vir wie jy gaan C.A.R.E.
Wees jy Jesus se hande en voete, C.A.R.E. vir die mense rondom jou en sien hoe ons omgewing en die harte van mense verander.