Toe jy Jesus Christus deur die geloof aangeneem het, het daar ‘n innerlike herskepping plaasgevind en het jy die gees en lewe van Jesus Christus deelagtig geword.
Moet jy ‘n getuie wees van Jesus Christus. Jou woorde en dade, jou handel en wandel, moet deurentyd getuig van die wonderwerk wat in jou lewe plaasgevind het.