fbpx
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
  • Bekering

    Bekering

    Op my nuwe lewensreis met God... Welkom by jou nuwe lewe! Wat het met my gebeur?

Dit wat jy ondervind het, is die wonderlikste gebeurtenis wat ooit met ‘n mens kan plaasvind.
Deur die genadewerk van God het jy Jesus Christus aangeneem as jou persoonlike Verlosser en leier van jou lewe. daardeur is Hy nou die middelpunt van jou lewe en jy ‘n erfgenaam van die koninkryk van die Here.
Deurdat jy ‘n kind van God geword het, beteken dit dat jy nou oppad is hemel toe. Voorheen was jy oppad na die ewige verdoemenis—die hel.
Anders gestel, beteken dit dat jy van rigting en van gedagtegang verander het - dit word bekering genoem.
Die Griekse word vir bekering “metanoia” beteken letterlik “verandering van ‘n gedagtegang”. Dit beteken nie dat jy nou net eenvoudig ‘n goeie besluit geneem het of die spreekwoordelike nuwe blaadjie omgeslaan het nie. Nee, dit sluit ‘n nuwe konsep in van wat sonde is en hoe ons in verhouding tot Hom staan.
Deur die werking van die Heilige Gees, op die een of ander wyse, is jy in jou hart beweeg om jou van jou ou weë af te keer, te breek met sonde en ongeloof en tot God te kom met berou en om Hom om vergifnis te vra. Jy keer jouself tot God en jou rug op die sielevyand— DIT IS BEKERING!
Jy het die regte besluit geneem…
Deurdat jy Jesus Christus as jou persoonlike Saligmaker aangeneem het, het die grootste wonderwerk in jou eie lewe plaasgevind.
Jy sal ook nou opmerk dat sekere dinge in jou lewe sal verander. Die eerste hiervan is jou geaardheid. Jy het ‘n “nuwe” persoon geword. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Kor. 5 : 17)
Die Here Jesus het jou lewe met Sy deurboorde hande aangeraak en jou die nuwe lewe met ‘n nuwe natuur gegee—Sy lewe en Sy natuur!
As ‘n “nuwe skepsel” in Christus, sal jy nou anders wees as voorheen. Jy sal ‘n skoon, vrugbare lewe in aanbidding lei, toegewyd aan die saak van Jesus Christus.
Verlossing is nie iets wat jy doen nie, maar iets wat Christus doen wanneer jy Hom aanneem. “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God genoem te word, aan hulle wat in Sy Naam glo.” (Joh. 1 : 12)
Toe jy Jesus aangeneem het, het jy ‘n Persoon ontmoet, het jy jou lewe vir Hom oopgestel en nou leef jy onder Sy beheer. Paulus het gesê: “Ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.” (2 Tim. 1 : 12)
Hier is dan wat tydens die bekering plaasvind: Ek bely my sonde en ongeregtigheid in berou, reken Ek bely my sonde en ongeregtigheid in berou, reken Sy geregtigheid aan my toe, maak my Sy kind en gee my ‘n erfenis met Christus.
DIT IS WAT MET JOU GEBEUR HET!
Hoe kan ‘n mens weet dat jy ‘n kind van God is?
Moontlik het jy al opgemerk hoe seker sommige persone omtrent hul saligheid is. Daar is drie maniere waarop jy kan vasstel dat jy werklik ‘n kind van die Here is.
1. Jy kan deur geloof weet
Geloof is die kennis van en vertroue in dinge waarvan daar geen onmiddelike, fisiese bewyse sigbaar is nie. Ons glo in God alhoewel ons Hom nie kan sien nie. Ons glo dat die Bybel die Woord van God is, ten spyte daarvan dat dit duisende jare gelede geskryf is.
Die Bybel sê vir ons: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word…” (Hand. 16 : 31) Hierdie teks is ‘n positiewe Bybelse grondslag waarop jy jou geloof kan bou. Deur geloof in Jesus word ‘n mens gered.
Nog ‘n verdere belangrike teks verklaar: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe mag hê.” (Joh. 3 : 16) Wanneer jy dus heelhartig in die beloftes van die Bybel glo, kan jy deur geloof weet dat jy waarlik ‘n kind van God is.
2. Jy kan deur feite weet
Indien jy berou het oor jou sondes en Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het, kan jy vir ‘n feit weet dat jy gered is. Nie dat jy eendag gered sal word nie, maar dat jy vandag van die sonde gered is.
Jesus het gesê: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe.” (Joh. 3 : 36). Redding is ‘n definitiewe persoonlike ondervinding wat op ‘n bepaalde tydstip plaasvind; die tydstip waarop Jesus Christus jou van jou sondes reining. Dit is nie ‘n proses waardeur ‘n mens ‘n Christen word nie, maar eerder ‘n toestand dat jy ‘n kind van God is. Die Bybel sê: “Geliefdes, nou is ons kinders van God.” (1 Joh. 3 : 2)
3. Jy kan deur gevoel weet
Een van die opwindende tekens dat jy nou ‘n kind van God is, is die vreugde wat jy ondervind in die geselskap van ander kinders van die Here. Wanneer jy die Bybel lees, wanneer jy gewyde en lofliedere sing, wanneer jy tot God bid en wanneer jy die prediking van God se Woord hoor. Die Bybel sê dat die Gees van God “getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” (Rom. 8 : 16)
Selfs deur jou gevoel kan jy dus ook weet dat jy ‘n kind van die Here is. Jy moet egter daarop let dat jy nie gered is omdat jy goed voel nie, maar wel goed voel omdat jy gered is

Kontak Ons

T: 021 981 0200
E: Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Rots Kantoor:
Maandag - Vrydag 08:00 - 13:00


Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.