fbpx
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
  • Gelukkig getroud

    Gelukkig getroud

    Sit die skop terug in jou huwelik!

1. Onthou, om geluk te oes, moet jy heiligheid saai.
“Gelukkig vir ewig en altyd is nie ‘n sprokie nie. Dit is ‘n keuse.” Fawn Weaver
2. Geluk is ‘n vaardigheid wat aangekweek en verfyn kan word.
“Die grootste deel van ons geluk of ellende hang af van ons gesindheid en nie van ons omstandighede nie.” Martha Washington
3. Verstaan die verskil tussen goedvoelgeluk en waardegebaseerde-geluk.
“Die gaping tussen die waardes wat ons bely en dié wat ons uitleef, is ook die gaping tussen ons en ons geluk.” Marc Gafni
4. Geluk is nie gelyk aan selfsug nie.
5. Onthou, geld kan nie blywende geluk koop nie.
“Daar is niks verkeerd met mense wat geld besit nie. Dit is wel verkeerd as geld die mense besit.” Billy Graham.
6. Die eerste deel van jou geluk, jou stelpunt, is onveranderlik.
“Moenie wens om enigiets anders te wees as wat jy is nie, en probeer om dit dan tot die beste van jou vermoë te wees.” Franis de Sales.
7. Die tweede deel van jou geluk - jou keuses.
“Elke keer wanneer jy ‘n keuse maak, maak jy die sentrale deel van jouself, die deel wat kies, ‘n bietjie anders as wat dit voorheen was.” C.S. Lewis
8. Die driekuns van geluk: genot, toewyding en betekenis.
“Die deur na geluk maak na buite oop.” Soren Kierkegaard
9. Wees dankbaar.
“Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, maar dankbaarheid wat ons gelukkig maak.” David Teindl-Rast
10. Beteuel die klagtes.
“Die lewe is te kort om jou ellende te vertroetel. Hardloop deur die valleie sodat jy meer tyd op die berg se kruin kan deurbring.” Phillips Brooks
11. Leer hoe om sáám julle seëninge te tel.
“Ons aanvaar dikwels juis dié dinge as vanselfsprekend wat eintlik ons grootste dankbaarheid verdien.” Cynthia Ozick
12. Probeer nuwe dinge.
“Kinders is gelukkig, want hulle het nie ‘n lêer in hulle kop getiteld ‘Alles wat verkeerd kan loop’ nie.” Marianne Williamson
13. Kies saam ‘n splinternuwe passie.
“Volg jou passie. Vind uit waar dit is en moenie bang wees om dit te volg nie.” Joseph Campbell
14. Soek saam nuwe vriende en beleef nuwe dinge.
“Die huwelik is ‘n avontuur, nie ‘n prestasie nie.” David A. Seamands
15. Begin saam droom.
“Hoop is op sigself ‘n spesie van geluk, en dalk selfs die grootste geluk wat hierdie wêreld oplewer.” Samuel Johnson
16. Droom verstandig.
“Die verstandige ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om veral onderskeidingsvermoë te verkry.” Spreuke 4:7
17. Vier mekaar.
“Daar bestaan nie so iets in enigiemand selewe soos ‘n onbelangrike dag nie.” Alexander Woollcot
18. Wanneer jy sien jou huweliksmaat doen iets goeds, sê so.
“Vier dié dinge waarvan jy graag meer wil sien.” Thomas J. Peters
19. Beveg die gif van pessimisme.
“Deur oor die negatiewe te tob, gee bloot meer mag daaraan.” Shirley MacLaine
20. Herdefinieer intimiteit.
“Daar moet intimiteit wees vir ‘n huweliksverhouding om te groei. Dit verg ‘n enorme hoeveelheid moed om vir jou huweliksmaat te sê: ‘Dit is ek dié. Ek is nie trots daarop nie - om die waarheid te sê, ek voel ‘n bietjie verleë daaroor - maar dit is wie ek is.’” Bill Hybels
21. Verbind julle siele met goeie gesprekke.
“Kommunikasie lei tot gemeenskaplikheid; dit is tot begrip, intimiteit en wedersydse waardering.” Rollo May
22. Bou ander op deur goeie dade.
“Tensy ons aan ander dink en iets vir hulle doen, loop ons een van die grootste bronne van geluk mis.” Ray L. Wilbur
23. Vermy daardie vernietigende vergelykings.
“Wanneer jy jaloers is op jou naaste, gee jy aan demone ‘n plek om te rus.” Efraim die Siriër
24. Moenie tob oor die verlede en behep wees met die toekoms nie.
“Die hede is die stene waarmee ons bou.” Henry Wadsworth Longfellow
25. Die beste voorspeller van ‘n lang, gelukkige huwelik: uithouvermoë.
“Julle moet enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.” Jakobus 1:4

Kontak Ons

T: 021 981 0200
E: Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Rots Kantoor:
Maandag - Vrydag 08:00 - 13:00


Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.