fbpx
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
  • Vergifinis

    Vergifinis

    Groei in my verhouding met God. Vergewe en groei.

As kind van God dra elkeen van ons die innerlike belewenis dat ons sondes deur die bloed van Jesus vergewe is (Ef. 1 : 7). Tog is dit nie waar dit bly nie, want die verlossingsboodskap van Jesus Christus gee ons ook die gesag om ander wat teen ons sondig te vergewe.
In die woord van die Here leer ons die ware beginsel van vergifnis. Jesus Christus kom leer die eerste dissipels aangaande vergifnis vanuit die onse vader.
Matt. 6 : 12: “en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;”. Dit beteken dat jou vergifnis deur jou vergewensgesindheid bepaal word. Indien jy nie vergewe nie, kan God jou nie vergewe nie.
Ons almal vra die vraag van hoeveel keer moet ek dan my broer vergewe? Jesus antwoord die vraag ook vir Petrus: “Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewetig mal sewe toe.” (Matt. 18 : 21—22)
“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” (Matt. 6 : 14—15)
WAT IS ONVERGEWENSGESINDHEID?
Onvergewensgesindheid hou ons aan ‘n pers0on of aan die verlede vasgeketting sodat ons nie vrylik in Christus kan vorder nie. ~ N Anderson ~
Die skade wat gedoen is, het soveel pyn in jou lewe veroorsaak dat jy net nie die persoon kan vergewe nie. Tog kom vergifnis nie uit onsself nie, dis ‘n gawe van God en die Heilige Gees help jou in jou swakheid en stukkendheid om vergifnis te spreek.
Jy het al ook gehoor van “ek sal vergewe, maar sal nie kan vergeet nie”. Dit is maar eintlik ‘n ander manier om te sê: Ek kan nie vergewe nie. Vergifnis wat voorwaardes stel is immers nie vergifnis nie.
Dit is hoogstens ‘n billike waarskuwing. En miskien is onvergewensgesindheid juis van die grootste dinge wat God ons moet van vergewe. ~ I. de Villiers ~
Vergifnis, die sleutel tot geluk!
Wanneer jy vertrou dat jy vergewe is, kom daar blydskap en verligting in jou hart. Jou lewensvreugde verhoog en borrel oor in jou daaglikse lewe. Elke keer as jy vergifnis ervaar, verfris dit jou gees en vul dit jou gemoed met lewenslus. ~ A. Barnard ~
Gebed vir vergifnis
Vader, Jesus het gesê dat ons vergewe sal word as ons ander vergewe. Ek weet dat dit nie ‘n onmoontlike gebod is om te gehoorsaam nie, hoewel my ou natuur so dink. Ek ontbind elke verkeerde gedagte wat ek gekoester het oor wat reg en regverdig is vir my. Ek ontbind elke verkeerde gesindheid wat ek jeens diegene koester wat my verneder, my te na kom, bespot of aanstoot gee. Ek ontbind elke verkeerde begeerte om wraak te neem. Ek maak dit los van my.
Ek bind my wil aan U wil en U weë. Ek weet dat U wil hê dat ek elke person van harte vryspreek ten spyte van wat hulle aan my gedoen het. Ek sal vergewe en U toelaat om die besonderhede van U planne en doel met my lewe en hulle lewens uit te werk. Here, ek weet dat U nie van my verwag om dit te doen sodat ander maar net skotvry van hulle verkeerde dade kan wegstap nie. Ek sal egter nie troos vir myself soek deur U te vra om ander verantwoordelik te hou vir hulle dade nie. Ek besef dat U my bevel om te vergewe sodat ek vry kan wegstap van die gebeure en nie langer die invloed daarvan hoef te ervaar nie. Vergifnis is die deur na Vryheid in die nooit voltooide siklus van die weer en weer belewing van pyn en trauma, dag na dag. Ek kies om te vergewe en hierdie bande te ontbind. Ek laat die oplossing van hierdie probleem aan u oor.
Of ek vergewe of nie sal nie u bemoeienis en handeling met ander beïnvloed nie. Of ek vergewe of nie sal wel die wyse waarop U met my handel, beïnvloed.
U het belowe om my in staat te stel en te bekragtig om U wil in alle dinge te volbring indien ek die skoonheid en Vryheid van vergifnis leer ken. Ek bind myself aan u wil met betrekking tot elke persoon wat ooit my lewe betree het en voetmerke in my hart of wonde in my siel gelaat het. Ek bid dat U hulle seën, Here en dat U in hulle behoeftes voorsien, hulle wonde heel en al hulle onopgeloste kwessies oplos. Verleen aan hulle U genade, Vader.
Dankie, Jesus, dat U my vergifnis moes koop met U bloed en dat U my toelaat om net weg te stap van al my sondes en boosheid. Dankie dat u nie griewe teen my koester nie, nie die Vader gevra het om my reg te sien en aanspreeklik te hou vir wat U moes ly ter wille van my sonder nie. Ek besef dat hierdie groot geskenk van u meer voldoende is om my in staat te stel om ander se sondes en oortredinge teenoor my te vergewe. Here, U is so goed. Ek dank U vir U wonderlike wysheid en genade. In Jesus naam, Amen. ~ Barbara Matthysen ~

Kontak Ons

T: 021 981 0200
E: Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Rots Kantoor:
Maandag - Vrydag 08:00 - 13:00


Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.