fbpx
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
  • Vrees

    Vrees

    Groei in my verhouding met God… Ervaar die oorwinning oor vrees.

Wat is vrees?
Noudat jy ‘n kind van God geword het, kan jy met groot sekerheid weet dat God, uit Sy groot liefde, vir jou gered het. Hy het jou oneindig lief. Hierdie liefde van God plaas Hy binne-in jou, want Paulus sê, “die hoop beskaam nie, want God het Sy liefde binne in ons harte uitgestort.”
Hierdie oneindigende liefde van God is dan ook die belangrikste godgegewe element wat enige vrese neutraliseer.
Enige vrees wat jou lewe bedreig en beheer is nie van God af nie.
Vrees is die menslike reaksie op probleme. God se reaksie is hoop. - Henry T. Bladeaby
Gebruik jou wapens!
Wat sê die woord?
Vanuit die Ou Testament vind ons God se betrokkenheid in tye van vrees:
1. Deut. 1: 29 - 31
Toe het Ek aan julle gesê: “Word nie verskrik en wees nie bevrees vir hulle nie.”
Die Here julle God wat voor jul uittrek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het en in die woestyn waar jy gesien het hoe die Here jou God jou gedra het soos ‘n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
Lees ook Deut. 31: 8
2. God praat met Joshua!
Jos. 1: 9
Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
3. Dawid ondervind God sò:
Ps. 23: 4
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my, U stok en U staf, dié vertroos my.
Ps. 27: 1
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe; vir wie sou ek vervaard wees?
Ps. 118: 6 & 7
Die Here is vir my; ek sal nie vrees nie, wat kan ‘n mens aan my doen? (7) Die Here is vir my as my helper; so sal ek dan neersien op dié wat my haat.
4. God praat met die volk Israel
Jes. 41: 10
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.
Jes. 41: 13
Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
Uit hierdie gelese gedeeltes verlang God dat jy Hom moet sien as helper, toevlug en ondersteuner.
God is groter as enige vorm van vrees en daarom in staat om jou te help.
Kom ons sien wat die nuwe testament vir ons leer
Matt. 10:30 & 31 “En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. (31) Wees dan nie bevrees nie; julle is meer werd as baie mossies.”
Rom. 8:15 “Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!”
2 Tim. 1:7 “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”
1 Joh. 4:16 - 18 “(16) En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. (17) Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. (18) Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees na buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.”
Wat moet ek met vrees doen?
Eerstens: neem God se woord ten volle aan, vertrou God soos wat Joshua en Dawid gedoen het.
Tweedens: verstaan dat God groter is as jou vrees en dat Hy by magte is om dit weg te neem. Gee jou vrese nou vir die Here.
Derdens: SIEN `N BERADER EN PRAAT JOU VRESE DEUR.
Vierde: breek elke wêreldse patrone wat aanleiding tot vrees kan gee.
BID IN GELOOF DIE VOLGENDE:
Hemelse Vader, dankie dat U my vrese vandag wegneem en dat ek U nabyheid en liefde kan vertrou wat my in staat sal stel om nie meer te vrees nie, maar om elke keer u volmaakte liefde wat die vrees verdryf te kan ervaar. Halleluja vir die oorwinning! Amen
Vrees is ‘n tronk wat jy self bou en wat gaan sorg dat jy nie gaan word wat God wil hê jy moet wees nie. Jy moet die wapens van geloof en liefde daarteen gebruik. ~ Rick Warren ~

Kontak Ons

T: 021 981 0200
E: Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Rots Kantoor:
Maandag - Vrydag 08:00 - 13:00


Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.