Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
Bedieningskool
Rots-bedieningskool is gestig om die alledaagse Christen toe te rus met die noodsaaklike gereedskap om enige bedieningstaak te doen met die selfversekering gegee deur die Heilige Gees, suiwer Woord-interpretasie en mentorskap.
Ons vertrou dat elke persoon wat deel vorm van hierdie program gaan groei in hul verhouding met God, in hul verstaan van hulself en in hul bedieningsveld. Bowenal sal hulle 'n beter verstaan hê oor die God-gegewe roeping oor hul lewens.
Rots-bedieningskool bied 'n voltydse en deeltydse internskap-en-studie-program aan. Gedurende die tydperk van die kursusse sal die persone betrokke blootgestel word aan al die verskillende bedieningsmoontlikhede in Rotsgemeente, waar daar van hulle verwag gaan word om hul kreatiewe bydraes te gee en selfs hul eie programme te loots. Hulle sal ook leierskap- en praktiese vaardighede aanleer gedurende die program.