Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
Algemene Inligting
HOE OUD MOET MY KIND WEES OM DEEL TE WEES VAN ROCKIDS?
Kinders tussen die ouderdom van 3 jaar tot en met Graad 6 is almal welkom by Rockids. Moederkamer fasiliteite vir kinders onder die ouderdom van 3 jaar is daar ten volle toegeruste fasiliteite in die kerk by ons moederskamers.
Die Kleutertuin is ingerig vir kleuters van 3 jaar tot Graad RR.
Die kinders van graad R tot graad 6 kom bymekaar in die Rockids saal en volg die ODOS bybelskool program vir kinders. Lees meer hieroor by die ODOS afdedling.
HOE LAAT OP 'N SONDAG IS DIE ROCKIDS PROGRAM?
Die Rockids program is dieselfde tyd as die kerk diens. Jy bring jou kind na die Rockids saal langs die hoof ingang voor jy kerk toe gaan 9:30.
Die kleuters gaan na die Kleutertuin was gelee is agter die saal by die agterste parkeer area.
Ons program sluit in genoeg tyd vir sing, speel, Bybel lessies en kreatiewe aktiwiteite. Daar is ook 'n saamwerk -lees en plak boekie en versamel kaarte te koop wat hulle huis toe neem om saam met mamma en pappa te lees.
HOE SKRYF EK MY KIND IN BY ROCKIDS?
Jy hoef nie 'n lidmaat te wees by ons gemeente vir jou kind om deel te wees van Rockids nie. Julle is welom om te kom besoek. As jy jou kind wil inskryf vir die program vra ons dat julle 'n inskrywings vorm sal invul.
Die inskrywings vorms is beskikbaar by die kerkkantoor, by die Rockids op Sondae of u kan dit HIER aflaai.