Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
SUPERSTER
Superster is Rockids se mascot. Hy is nie 'n superhero soos ander superheros nie. Hy verteenwoordig elke kind. Sy boodskap is dat elke kind kan sterk wees vir elke dag se uitdagings wat ook al oor sy pad kan kom. Jesus is Superster se hero en het vir hom die coolste wapens gegee om mee te veg. Hy het 'n helm, swaard, skild, borsharnas en spesiale skoene wat hom elke dag sterk hou en beskerm.
Superster help elke kind om te verstaan dat Jesus gee ons die krag en maak ons sterk om goeie keuses te maak.
Superster het 'n opwindende kort program wat hy aanbied vir jou skool en kleuterskool. Kontak ons gerus by die kerkkantoor vir meer inligiting.