Rots Gemeente Relevant Inspirerend

Tydens Desember 2015 het ‘n groep van ons gemeentelede ongeveer 60 geskenkpakkies geneem na AGS Ouetehuis in Kuilsrivier. Hierdie pakkies het bestaan uit toiletware en lekker eetgoedjies wat deur gemeentelede en ook ‘n buite organisasie geskenk was. Ons het omtrent lekker gekuier saam met al die ooms en tannies! En die waardering en dankbaarheid op hul gesigte vir die geskenke het ons harte so vol gemaak. Dit is regtig die beste gevoel om te weet jy maak ‘n verskil in iemand se lewe en helder hulle dag op deur net van jou tyd te gee om saam met hulle te kuier en ‘n geskenkie te neem van goedjies wat ons as vanselfsprekend aanvaar.

Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Nuusbrief

Podcast

Luister na Rotsgemeente Podcasts

Vinnige Skakels

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.