fbpx
Rots Gemeente Relevant Inspirerend

Algemene Inligting

Algemene Inligting

HOE OUD MOET MY KIND WEES OM DEEL TE WEES VAN ROCKIDS?

Kinders tussen die ouderdom van 3 jaar tot en met Graad 6 is almal welkom by Rockids. Die Kleutertuin is ingerig vir kleuters van 3 jaar tot Graad R.Die kinders van graad 1 tot graad 6 kom bymekaar in die Rockids saal. Moederkamer fasiliteite Vir kinders onder die ouderdom van 3 jaar is daar ten volle toegeruste fasiliteite in die kerk by ons moederskamers.

HOE LAAT OP 'N SONDAG IS DIE ROCKIDS PROGRAM?

Ons program sluit in genoeg tyd vir sing, speel, Bybel lessies, kreatiewe aktiwiteite, saamwerk -lees en plak boekie, kaarte wat hulle huis toe neem om saam met mamma en pappa te lees.

Lees verder: Algemene Inligting

Hoe raak ek Betrokke

Hoe raak ek betrokke?

Rockids word gelei deur 'n span van vrywilligers wie se passie is JESUS en KINDERS!! Elke Sondag is hulle daar om tyd met die kinders te spandeer. Ons doel is om 'n program aan te bied wat interaktief,  BAIE FUN en spesifiek gefokus is op kinders. Wat word van U verwag? U kan deelneem as 'n assistent of as 'n fasiliteerder tydens die klassies. U naam sal op 'n rooster gesit word waar u sal deel wees van 'n span elke 2de of 3de week. Die lessies en al die benodighede vir die les word vir jou gegee en die beplanning van die lesse is reeds stap vir stap uitgewerk Kom en woon ons ROCKIDS byeenkoms by, sien wat ons doen, en raak betrokke! Kontak ons by die Rots Gemeente kantoor of stuur 'n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lees verder: Hoe raak ek Betrokke

Rockids

Liewe Ouers Baie welkom Rockids. Ons glo dat elke kind, maak nie saak hoe jonk nie, die spesiale vermoë het om op 'n diep en betekenisvolle manier met God 'n ontmoeting kan hê. Daarom streef ons daarna om u kind te help om Jesus op 'n baie persoonlike manier te leer ken en te groei in hulle verhouding met God. Ons visie as Rotsgemeente is om vir kinders 'n vaste fondasie in die Bybel te gee  wat 'n anker vir hulle kan wees vir die res van hulle lewens. Dit is ons doel om op 'n kreatiewe manier 'n program aan te bied wat 'n kennis en liefde vir die Woord van God en aanbidding te kweek. Ons glo dat u kind 'n positiewe kerk en Sondagskool ervaring moet he. Ons as Rockids span onderneem om u as ouer te ondersteun en die pad van geestelike groei saam met u en u kind te stap. Van u kant wil ek julle aanmoedig om deel te raak van jou kind se sondagskool ervaring deur jou kind uit te vra oor wat hulle op 'n Sondag leeren hulle ervaring met God. Ons program is van so 'n aard dat die lessies bou op mekaar om die kinders 'n geheelbeeld van die Bybel te gee en daarom vra dat u as 'n familie bereid sal wees om die jaar die pad saam met ons te stap en om u kind aan te moedig om elke Sondae by te woon. Ons is opgewonde oor die jaar wat voorlê. Dankie dat jy ons vertrou met jou kind. Rockids liefde Naomi Moss Kinderkerk Pastoor

Lees verder: Rockids

ODOS

ODOS

Vir ons Graad 1 - 6 kinders volg ons die ODOS Bybelskool Program. Dit is 'n opwindende leerprogram wat graadgewys ingedeel is om u kind 'n grondige kennis van die bybel te gee.   Besoek gerus die volgende webtuiste vir meer inligting rondom die ODOS Bybelskool program en kyk die onderstaande video:

Hoe skryf ek my kind in by Rockids?

Jy hoef nie 'n lidmaat te wees by ons gemeente vir jou kind om deel te wees van Rockids nie. Julle is welom om te kom besoek.  As jy jou kind wil inskryf vir die program vra ons dat julle 'n inskrywings form sal invul. Die inskrywings vorms is beskikbaar by die kerkkantoor, by die Rockids op Sondae of u kan dit HIER aflaai.

Lees verder: ODOS

Verdere Artikels...

Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Nuusbrief

Podcast

Luister na Rotsgemeente Podcasts

Vinnige Skakels

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.