fbpx
Skip to main content
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.

AMBISIE EN JOU WERK

Pastoor Nols Fuchs

Beste Rots-sakevriend,

Fil. 3: 14 - 15 (NLV): “Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.”

Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Goddelike ambisie beoog om Christus Jesus te volg en te leer ken. Nie net in die kerk nie, maar ook in die werksplek.

Goddelike ambisie se karaktertrek is ook die besorgdheid oor die welstand van ander. Soos wat ons in Christus groei, ontwikkel ons n passie vir God en Sy reddende doel met die wêreld.

Fil. 2: 1 – 4 (NLV): “Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.”

VADER, EK BRING VANDAG MY BESIGHEID NA U TOE. HELP MY OM DIT MET GODDELIKE AMBISIE TE BEDRYF. VERGEWE ONS SWAKPUNTE. HELP MY OM MET NUWE YWER DIE BESTE VIR U ASOOK VIR MY MEDE-WERKERS TE DOEN. AMEN!