Rots Gemeente Relevant Inspirerend

ONS SKOLEVOEDINGSPROJEK:

Om betrokke te wees in die gemeenskap is om Jesus se hande en voete te wees

Past. Nols FuchsPast. Nols Fuchs

Nols is die presiderende pastoor van Rotsgemeente vir die laaste drie jaar, maar is reeds deel van Rotsgemeente se pastorale span vir die afgelope 14 jaar. Hy is die herder van hierdie gemeente in elke sin van die woord. Hy staan aan die hoof van Rotsgemeente en neem leiding, maar hy het ook ‘n hart vir die gemeente en sy mense en sien om na elkeen wat ‘n oor nodig het om te luister.

Hierdie omgee strek ook na die gemeenskap en die mense wat hulp en bystand nodig het; of dit nou gesinne is wat swaarkry of sakemanne is wat deur ‘n moeilike tyd gaan, hy maak dit sy prioriteit om by hulle uit te kom, vir hulle te bid en by te staan met berading.

Om hierdie rede stap hy ook hand aan hand saam met Quintin met die bestuur van ons voedingsprojek. Die groot doel met hierdie projek is natuurlik om by die kinders en die skole uit te kom en Jesus aan hulle voor te stel. Ons is baie opgewonde dat ons hierdie jaar by een van die skole hierdie geleentheid gekry het.

As leier van Rotsgemeente is Nols by verskeie gemeente-aktiwiteite en departemente betrokke, maar sy groot passie is die omgeegroepe (Bybelstudiegroepe), want dit is hier waar mense geestelik groei en versterk word. Dit is dan ook sy droom vir hierdie gemeente; om ons mense toe te rus om Jesus se hande en voete te gaan wees by hulle huise en werkplek en Sy liefde met hulle te deel.

‘N OORSIG VAN ONS VOEDINGSPROJEK (BROODJIEPROJEK)

DOEL

Hierdie projek is al vir meer as 5 jaar voltyds aan die gang en is betrokke by 4 skole in die Kraaifontein area waar ons hulle weekliks van broodjies voorsien. Ons bedien ook dagloonwerkers op die straat. Ons gebruik dit as 'n middel om ons voet in die deur te kry sodat ons die evangelie van Jesus Christus met die kinders kan deel. Omdat die uitgawe betrokke aan die projek so besonders hoog is, leen ons swaar op die ondersteuning van besighede en individue in die gemeenskap.

DIE HUIDIGE SITUASIE IN SKOLE

Drie van die skole word reeds deur die staat gehelp met voedingskemas, maar dit is nie voldoende vir die volle behoefte van die skool nie. Daar is 'n baie groot getal leerders in al die skole wat geensins ontbyt om te eet voor hulle skool toe kom nie en dus kan hulle nie goed genoeg fokus nie. As ‘n resultaat onderpresteer hulle dan op akademiese gebied.

PLAN VIR 2017

Met die oog op hierdie jaar wil ons graag twee groot gebeurtenisse laat plaasvind by die skole; een per kwartaal. 'n Saterdag vol opwinding en pret vir al die kinders in die skool en omgewing met watersport, springkastele, poppekas en vele ander lekker dinge. Saam sal ons ook vir hulle voorsien van kos en lekkergoed.

Ons beoog ook om nog nuwe skole te begin bedien.

HUIDIGE WEEKLIKSE UITGAWE
  • 130 brode = +/- R1 300.00
  • 15 tot 17 blokke botter (500g) = +/-R119.00
  • 5 kg Grondbootjie botter = +/- R250.00
  • 7 kg Konfyt = +/-R105.00
  • 130 Sakkies = +/- R20.00

Gemiddelde uitgawe per week = R1 792.00

Uitgawe oor 'n maand = R7 176.00

Uitgawe oor hierdie jaar (47 weke van skool) = R337 272.00

UITGAWES VIR DIE JAAR (2015)
  • R337 272.00 + 10% verhoging in pryse R370 999 met slegs 4 skole.
  • Met twee nuwe skole sal dit ongeveer R185 499 ekstra wees.
SUKSES IN 2014

Ons het meer as twintigduisend broodjiepakkies aan kinders uitgedeel by die skole.

Dit is moeilik om te sê hoeveel dagloonwerkers ons bedien en gehelp het, maar dit is ten minste 50 werkers elke Vrydag.

HOE FUNKSIONEER DIE PROJEK

Daar is twee spanne wat weekliks bymekaar kom en broodjies voorberei. Dinsdagaande word 30 brode voorberei wat Woensdagoggende by een skool afgelewer word.

Donderdagoggende is daar een span wat inkom en 100 brode voorberei wat dan Vrydagoggende afgelewer word by die vier skole en aan kinders gegee word.

“As jy terugkyk oor jou lewe, sal jy ontdek dat die oomblikke wat uitstaan dié is wanneer jy dinge vir ander gedoen het.”
- Henry Drummond -

HELP ONS OM ‘N VERSKIL TE MAAK

Vanuit die bogemelde inligting kan u sien dat ons maandeliks groot uitgawes aangaan om hierdie voedingsprojek aan die gang te hou. Dit is egter vir ons van uiterste belang om hierdie kinders te ondersteun en daarom het ons hulp van buite nodig.

Ons sal dit hoog op prys stel indien u dit sal oorweeg om ons op een van die volgende drie maniere te ondersteun:

  • Eerstens kan u ons help deur vir ons produkte te skenk wat ons kan gebruik met die voorbereiding van die broodjies. Hierdie produkte behels grondboontjiebotter, konfyt en margarien.
  • Tweedens kan u ons help deur die brode te skenk wat ons benodig vir die projek.
  • Derdens kan u ‘n eenmailige of maandelikse finansiële bydrae maak na die volgende rekening: Rekeningnaam:Broodjieprojek

Rekening naam: Feed the hungry children
Bank: ABSA Brackenfel
Rekening nr: 01013841264
Tak kode: 632005

Baie dankie vir u goedgunstige oorweging in hierdie verband. Mag u geseënd wees in u besigheid en ook in u persoonlike lewe!

Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Nuusbrief

Podcast

Luister na Rotsgemeente Podcasts

Vinnige Skakels

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.