Rots Gemeente Relevant Inspirerend

Rockids

Rots Gemeente Kinder Bediening

Liewe Ouers

Baie welkom by Rockids by Rotsgemeente. Ons glo dat elke kind, maak nie saak hoe jonk nie, die spesiale vermoë het om op 'n diep en betekenisvolle manier met God 'n ontmoeting kan hê.

Daarom streef ons daarna om u kind te help om Jesus op 'n baie persoonlike manier te ontmoet, om te groei in hulle verhouding met Hom sodat dit vir hulle 'n vaste fondasie kan wees vir die res van hulle lewens.

 As Rockids personeel, onderneem ons om u as ouer te ondersteun en die pad van geestelike groei saam met u en u kind te stap. Dit is ons doel om op 'n kreatiewe manier 'n program aan te bied wat gegrond is in die Woord, om 'n liefde vir die Bybel en aanbidding en 'n positiewe kerk en Sondagskool ervaring by u kind te kweek.

Van u kant wil ek u as ouer aanmoedig om met u kind te praat oor wat hulle op 'n Sondag leer en oor hulle ervaring van God. Ek wil ook vra dat u as 'n familie bereid sal wees om die jaar die pad saam met ons te stap en om u kind aan te moedig om Sondae by te woon.

Ons is opgewonde oor die jaar wat voorlê. Dankie dat u ons vertrou met u kind.

Baie liefde en Seën
Naomi Moss

Algemene Inligting

Hoe oud moet my kind wees om deel te wees van Rockids?

Kinders tussen die ouderdom van 3 jaar tot en met Graad 6 is almal welkom by Rockids. Vir kinders onder die ouderdom van 3 jaar is daar ten volle toegeruste fasiliteite in die kerk by ons moederskamers.

Hoe laat op 'n Sondag is die Rockids program?

Die Rockids program begin 9:30 en is op die selfde tyd as die erediens. U is welkom om u kind vanaf 9:00 na die Rockids saal bring. Voor dit sal die deure nog toegehou word sodat die onderwysers hulle klassies en saal kan voorberei.

Wat behels die Rockids program?

 Ons program sluit in genoeg tyd vir sing, speel en die ODOS Bybelskool program kurrikulum wat insluit Bybel lessies, kreatiewe aktiwiteite, saamwerk -lees en plak boekie, kaarte wat hulle huis toe neem om saam met mamma en pappa te lees.

Hoe word die klassies ingedeel?

Rockids 3 Jaar tot Graad R

Ons het 'n aparte Kinderkerk Program vir ons voorskoolse kindertjies tot en met Graad R in hulle eie lokaal. Dit is ouderdoms gerigte en spesifiek van so 'n aard om hulle op 'n baie prettige en kreatiewe manier te leer van Jesus. Hulle kom bymekaar in die Koffiekroeg agter die saal.

Rockids Graad 1-6                                      

odos logo

Vir ons Graad 1 - 6 kinders volg ons die ODOS Bybelskool Program. Dit is 'n opwindende leerprogram wat graadgewys ingedeel is om u kind 'n grondige kennis van die bybel te gee.  
Besoek gerus die volgende webtuiste vir meer inligting rondom die ODOS Bybelskool program en kyk die aangehegte video:

Inskrywings vorms

Ons vra dat u asseblief u kind moet inskryf vir die Rockids jaar sodat ons kan beplan, materiaal aankoop en al u inliging het om op 'n effekitewe manier met u te kan kommunikeer.

Die inskrywings vorms is beskikbaar by die kerkkantoor, by die Rockids op Sondae of u kan dit hier aflaai.

Hoe kan ek betrokke raak as vrywilliger by Rockids?

As u wil betrokke raak as 'n helper of onderwyser by Rockids kan u my kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel by die kerk kantoor 021 981 0200

Bank Besonderhede

Rotsgemeente
ABSA Brackenfell
Rek. nr. 01000 541 261
Takkode 632005

Nuusbrief

Podcast

Luister na Rotsgemeente Podcasts

Vinnige Skakels

Kopiereg © 2017 | www.rocksolid.org.za. Alle regte voorbehou.
Tel: (021) 981 0200 | Faks:(021) 982 2502 | Fisiese Adres: Leliestraat 25, Proteahoogte, Brackenfell | Posbus 25, Brackenfell 7651
Webwerf bestuur deur IT Giant Web.