Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
Wees 'n Gewer
Daar is ongelooflike seëninge wat ‘n mens vir jouself oopsluit as jy gee. Ons praat nie net van geld nie, maar van jouself, jou tyd en elke fasset van jou menswees. Maar om jou geld te gee, is al ‘n begin om jouself te ontsluit as ‘n gee-mens. “The value of a man resides in what he gives and not what he is capable of receiving.” (Albert Einstein) Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. (Luk. 6:38) Ek wil jou aanmoedig om ook aan hierdie deel van jou Christenskap te werk en God se goedheid so te ontdek. Nols Fuchs
Ons gebruik SnapScan, Zapper, elektroniese oorplasing en het 'n kaartfasiliteite!
Gebruik asseblief jou naam en van as verwysing wanneer jy ‘n betaling maak.