fbpx
Skip to main content
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.

Senior Sirkels

ONS VISIE

Rotsseniors is vir ons baie belangrik en daarom wil ons vir hulle `n gemeentekultuur en omgewing bied waarin hulle lewenswaarde, liefde, vriendskap en geestelike opbouing sal ervaar. 


"Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte;aan Hom behoort ek vir altyd"

- Psalm 73:26 -


WAT OM TE VERWAG

Rotsseniors word bedien deur 'n verskeidenheid van programme, groepe en dienste op Woensdae, 09:00-11:00Die ogggend skop af met lekker koffie of tee en 'n beskuitjie in die hand. Dit word gevolg deur aanbidding, Woord en groepsessies. 

Maar dit is nie al nie. Daar word een keer 'n maand saam geëet. En twee keer 'n maand word daar groepsaktiwiteite gedoen soos stap, strekoefeninge en ander speletjies.


 "Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg."

- Jes 46:4 -


Kom sluit gerus aan by ons op Woensdagoggende

tyd: 09:00-11:00 | Waar: Rotsgemeente

Vir meer inligting of enige navrae, kontak gerus vir past. Naomi Moss by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Pastoor Naomi Moss