fbpx
Skip to main content
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.

Granite Men

WIE IS ONS?

Granite manne is 'n groep van normale mans, wat daarna streef om 'n gesonde verhouding met God en mekaar te kweek. Ons doen dit deur bymekaar te kom, te leer, te bid, saam te aanbid en vir mekaar om te gee.

Ons missie is om ons gesinne, werkplekke en gemeenskap positief te beïnvloed  deur naby aan die Here te leef an altyd  “REAL” te wees.



HOE WORD JY DEEL?

Alle manne wat reeds skool verlaat het is welkom om deel te maak van die manne groep. Ons ontmoet elke maand op ‘n Sondagaand  vanaf 18:00 waar ons lekker kuier, braai asook ons verdiep in die Here se teenwoordigheid.



WAT OM TE VERWAG

Ons kom by de Kerk bymekaar, waar daar dadelik koffie beskikbaar is om die gesprek te begin. Daar word tyd gemaak om die Here te aanbid om jou verhouding met Hom te verdiep. Ons skep ‘n geleentheid waar ons mekaar kan leer ken sodoende ‘n band te skep van vertroue en broederskap. 

Ons Leuse -  “Never Alone” dui daarop dat ons saam met jou die pad stap.



Vir meer inligting of enige navrae, kontak gerus vir past. Harold Roberts by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of 0827420212.

Pastoor Harold Roberts

Mede-leraar