fbpx
Skip to main content
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.

RS Youth (TIENERS)

WIE IS ONS?

RS Youth is ‘n plek waar tieners God en vriende vind. Dit is ‘n “hub” waar tieners bymekaar kom, hulself kan uitleef en dit geniet. Ons visie vir RS Youth is dat ons jongmense God moet ervaar op so ‘n manier dat hulle "city changers" sal word. Ons doel is dat elke tiener sal groei en verdiep in hul verhouding met Jesus Christus. Ons tieners word toegerus om "city changers” te word. Hulle moet oral waar hulle gaan ‘n verskil kan maak in die naam van Jesus en vir hulle vriende en familie wys wie en wat Jesus is.


WAT OM TE VERWAG

'n Tipiese Vrydagaand bestaan uit baie PRET, dinamiese aanbidding, 'n relefante boodskap en bediening.


Ons span

Ons leierspan is passievol en lief vir Jesus en word toegerus om 'n pad te stap met elke tiener wat dit nodig het. Die span bestaan uit beide tieners en jong volwassenes met 'n liefde vir die tienerbediening.


RS Bible study

We also come together on Sunday mornings, after the worship, for a nice cup of coffee or tea. At RS Bible study we focus on digging into the Word and experiencing what God has to say to us about the issues we experience today as youth.



Stuur die tieners in jou huis en hul vriende ook, na ons RS Youth Vrydagaande.
Tyd: 19:00 – 21:00 | Waar: Rotsgemeente

Vir meer inligting of enige navrae, kontak gerus vir past. Adri van Zyl by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of 083 937 7483.

Pastoor Adri van Zyl

Jeugpastoor