fbpx
Skip to main content
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.

Lewensgroepe

WIE IS ONS?

'n Lewensgroep is 'n klein groepie mense van die gemeente asook die gemeenskap wat daartoe verbind is om eerstens mekaar op te bou, en tweedens om die groot opdrag te vervul om uit te reik na die verlorenes.

Ons is daar vir beskerming, kommunikasie, opbou, liefde, ondersteuning en aanvaarding.


HOE WORD JY DEEL?

By ons lewensgroepe verdeel ons almal in klein groepies wat dan bymekaar kom om vir mekaar te bid, God se Woord te leer; Hom te aanbid asook ons behoeftes te deel en sodoende mekaar te ondersteun.

Dit is meer as net 'n Bybelstudie. Dit is ‘n familie. Almal is welkom.


WAT OM TE VERWAG

Ons kom elke Woensdagaand 19:00 bymekaar waar ons in-diepte gesprekke het rondom die Woord om alledaagse waardes en vrae aan te spreek.

Hierdeur word geleentheid gebied vir elke gelowige om in hul geloof te groei en betrokke te wees in die bediening waartoe die Here ons geroep het.

Daar is tyd vir aanbidding asook ‘n tyd om mekaar beter te leer ken rondom ‘n koppie koffie. Ons bou goeie vriendskappe – ons bou ‘n familie.



"Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou."

- Efesiers 4:11-12 -


LEWENSGROEPLEIERS

Nols Fuchs

Wolkegroep

Naomi Moss

Seniors

Harold Robers

Lewensgroepe

Adri van Zyl

ReFuel - Young Adults

Marco v.d. Merwe

Rock Worship

Kom sluit gerus aan by ons op Woensdagaande
Tyd: 19:00 – 20:00 | Waar: Rotsgemeente

Vir meer inligting of enige navrae, kontak gerus vir past. Harold Roberts by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of 082 742 0212