Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
REFUEL – Young Adults
WIE IS ONS?
ReFuel is ‘n groep jongmense wat bymekaar kom met die doel om te ontspan, gesellig te wees, nuwe vriendsakppe te vorm, mekaar aan te moeding en saam te groei in ons verhouding met Jesus Christus. Ons hart is dat jong volwassenses wat deel vorm van ons groep doelgerig sal lewe, toegewyd aan God en Sy liggaam – die kerk.
HOE WORD JY DEEL?
As jy ‘n jong volwassene is tussen die ouderdomme van 18 en 30 is jy welkom om by ons aan te sluit.
Ons ontmoet Woensdae, 19:00, by Rotsgemeente, met die uitsondering van koffiewinkels, staproetes, braais, “movie nights” en vele ander avonture.
WAT OM TE VERWAG
'n Tipiese Woensdagaand behels lekker koffie, goeie geselskap en tyd om te ontspan na 'n lang dag. Daar gaan nie 'n aand verby waar ons nie vir mekaar bid en saam tyd in aanbidding spandeer nie. Die aand volg dan met Woordstudie, groepbesprekings en toepassings. Jy daag dalk op as 'n "nuweling" maar jy gaan huis toe as 'n vriend.
Kom maak 'n draai by ons op Woensdagaande.
Tyd: 19:00 – 21:00 | Waar: Rotsgemeente (aan die kant van die saal)
Vir meer inligting of enige navrae, kontak gerus vir past. Adri van Zyl by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of 083 937 7483.