Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.
Rockids Kinderkerk
Liewe Ouers
Baie welkom Rockids. Ons glo dat elke kind, maak nie saak hoe jonk nie, die spesiale vermoë het om op 'n diep en betekenisvolle manier met God 'n ontmoeting kan hê.
Daarom streef ons daarna om jou kind te help om Jesus op 'n baie persoonlike manier te leer ken en te groei in hulle verhouding met God.
Ons visie as Rotsgemeente is om vir kinders 'n vaste fondasie in die Bybel te gee wat 'n anker vir hulle kan wees vir die res van hulle lewens.
Dit is ons doel om op 'n kreatiewe manier 'n program aan te bied wat 'n kennis en liefde vir die Woord van God en aanbidding te kweek. Ons glo dat jou kind 'n positiewe kerk en Sondagskool ervaring moet he.
Ons as Rockids span onderneem om jou as ouer te ondersteun en die pad van geestelike groei saam met jou en jou kind te stap.
Rockids liefde
ALGEMENE INLIGTING
HOE LAAT OP 'N SONDAG IS DIE ROCKIDS PROGRAM?
Die Rockids program is dieselfde tyd as die kerk diens. Jy bring jou kind na die Rockids saal langs die hoof ingang voor jy kerk toe gaan 9:30.
Ons program sluit in genoeg tyd vir sing, speel, Bybel lessies en kreatiewe aktiwiteite.
HOE OUD MOET MY KIND WEES OM DEEL TE WEES VAN ROCKIDS?
Kinders tussen die ouderdom van 3 jaar tot en met Graad 6 is almal welkom by Rockids. Moederkamer fasiliteite vir kinders onder die ouderdom van 3 jaar is daar ten volle toegeruste fasiliteite in die kerk by ons moederskamers.
HOE SKRYF EK MY KIND IN BY ROCKIDS?
Jy hoef nie 'n lidmaat te wees by ons gemeente vir jou kind om deel te wees van Rockids nie. Julle is welkom om te kom besoek.
Superster is Rockids se mascot. Hy is nie 'n superhero soos ander superheros nie. Hy verteenwoordig elke kind.
Sy boodskap is dat elke kind kan sterk wees vir elke dag se uitdagings wat ook al oor sy pad kan kom.
Jesus is Superster se hero en het vir hom die coolste wapens gegee om mee te veg. Hy het 'n helm, swaard, skild, borsharnas en spesiale skoene wat hom elke dag sterk hou en beskerm.
Superster help elke kind om te verstaan dat Jesus gee ons die krag en maak ons sterk om goeie keuses te maak.
Superster het 'n opwindende kort program wat hy aanbied vir jou skool en kleuterskool.
Vir meer inligting of enige navrae, kontak gerus vir Lenél Kits by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk..